Hoe registreer ek my VBO-punte?

VBO-punte word per sms elektronies geboekstaaf. Registrasie van punte is die verantwoordelikheid van die individu wat aan VBO-aktiwiteite deelneem. Die betrokke sentra in die verskillende streke kan jou egter bystaan.


Indien jy nog nie voorheen geregistreer het nie, kan jy die volgende stappe volg:


Registrasie as gebruiker van CPD Solutions vir VBO

(Vorige en nuwe gebruikers, sien asseblief stap 4!!)


Stap 1: Stoor die volgende kort nommer op jou selfoon onder “VBO Punte”:  31029. Die standaard sms koste geld vir alle sms’e na hierdie nommer gestuur.


Stap 2: Registreer as nuwe gebruiker: Stuur ‘n sms wat slegs die letter r (dit staan vir registreer) bevat na 31029 (die nommer wat jy onder “VBO Punte” op jou selfoon gestoor het). Die stelsel sal aan jou ‘n sms terugstuur wat soos volg lyk: title= initials= surname= profreg= id= COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029.


Stap 3: Voltooi jou besonderhede en stuur aan (forward) na 31029. Die oorspronklike teks en =tekens moet steeds deel van jou sms uitmaak. Vul jou eie besonderhede in waar die spasies in die sms gelaat is. VBO-gebruikers los die profreg= veld skoon en vul die id= veld in. Jou sms behoort soortgelyk aan die volgende te lyk:


title=Ds initials=TR surname=Smit profreg= id=3301222500787 COMPLETE YOUR DETAILS AND FORWARD TO 31029.


NB: Jy moet die sms aanstuur (forward) na 31029 en nie terugstuur (reply) na die nommer waar dit vandaan kom nie!!


(Om enige tyd in die toekoms jou besonderhede na te gaan of te verander, kan jy presies dieselfde proses volg (stap 2 en 3). Die sms wat jy sal ontvang, sal dan reeds jou bestaande besonderhede bevat.)


Stap 4: Om aan jou gemeente te koppel, stuur ’n sms met die woord gemeente, gevolg deur ’n spasie en jou gemeente se naam. Dit is belangrik dat die spelling soos in die jaarboek gebruik word, bv: Gemeente Bloemfontein-Noord (sien ook die lys by www.cpdsolutions.co.za/gemeente).


JY IS NOU GEREGISTREER AS ‘N VBO-GEBRUIKER OP CPD SOLUTIONS SE STELSEL. OM IN DIE TOEKOMS ‘N VBO- AKTIWITEIT TE REGISTREER, GAAN JY SOOS VOLG TE WERK:


Stap 1: Aan die einde van elke VBO-aktiwiteit sal jy ‘n aktiwiteitskode(s) ontvang.

Stap 2: Stuur die aktiwiteitskode(s) na 31029 (die nommer wat jy onder “VBO Punte” op jou selfoon gestoor het) deur ‘n sms te skryf wat slegs die kode(s) lys, bv: b12345 b11111 b22222 (vyf kodes kan per sms gestuur word).


Om jou selfoonnommer te verander

Stap 1: Stuur die kodewoord “numberchange” gevolg deur jou ou selfoonnommer na 31029 (bv: numberchange 0831231234). Hierdie sms moet van jou nuwe selfoonnommer gestuur word. Jy sal ’n sms soortgelyk aan die volgende terug ontvang:


Number=0831231234 number 0798881111 for TR Smit. IF THIS IS CORRECT, FORWARD THIS MESSAGE TO 31029 TO EFFECT CHANGE.


Stap2: Indien die besonderhede soos verskaf korrek is (sien voorbeeld bo), bevestig die verandering deur die sms, net so sonder enige veranderings, aan te stuur (forward, nie reply nie!) na 31029.


Jy kan jou bywoning kontroleer op die volgende webwerf: www.cpdsolutions.co.za. Toegang word verkry deur jou selfoonnommer en ’n pinkode. Op die webwerf is ’n skakel wat die pinkode aan jou sal sms sodra dit benodig word.