SOA HUB Nuusbrief


Die Maleiers is een van die grootste onbereikte mensegroepe in die wêreld.

Die Maleier-bevolking in die wêreld sien as volg daaruit:

Dan moet ook nog die volgende genoem word: Verspreide groepe soos die Kaapse Maleiers, die Maleiers van Sri Lanka en die Malei-verwante Cham van Viëtnam en Kambodja.

Sedert hulle Islam omhels het tydens die 14de eeu, was daar baie min gedoen om die Evangelie aan hulle te verkondig.

Die aankoms van die Portuguese in Malaka in 1511 was beskou as ? Koloniale mag wat met die swaard en kanon gewapen was – ten spyte van hul Kruis-versierde skepe. Die Protestantse Nederlanders wat hulle opgevolg het (1641) het min godsdienstige invloed op die plaaslike bevolking gehad. Hulle het eerder net op hulself gefokus. Die eerste werklike sendingwerk is deur die Britte sedert 1786 gedoen. Maar dit was ook van korte duur en met beperkte insette. Die doodskoot van die sending-aktiwiteite het egter in 1874 gekom toe die Verdrag van Pangkor gesluit is. Die Britse owerheid het met die Sultans ooreengekom dat daar geen verdere inmenging met die Maleiers se geloofslewe sal wees nie.

Vandag is daar streng wetgewing teen enige vorm van uitreik na die Maleiers in Maleisië en Brunei. In Maleisië word die uitdrukking  “om ’n Maleier te wees is om ’n Moslem te wees” as die reël beskou.

Iemand het gesê: “My conviction is that Malays are neglected, not ‘resistant’ to the Gospel.”

Die vraag word daarom tereg gevra: Is die Evangelie net vir nie-Moslems? (The Malay of South East Asia)

Die minste wat ons kan doen is om vir hierdie mense te bid. Sal u?


(Ds. N Kriek – taakspan wêreldsending)