Kontak webmeester © 2012 NGK Sinode Wes-
JAARTAL 2012 -
Ons nuwe webwerf
Besoek ons sinode se nuwe webwerf by www.ngk-
Herinner lidmate daaraan dat hulle nou die Wesvonk op ons webwerf kan lees. Hulle hoef dus nie daarvoor in te teken nie – dis beskikbaar op die web. Maak dit asseblief bekend, publiseer dit op jul afkondigingspamflette en in jul maandblaadjies. So bly ons as familie op hoogte van sake en van mekaar.
Lees ons blogs
Roeping en impak van die kerk. Daar is 'n paar interessante artikels in hierdie
Wesvonk, wat almal op een of ander manier met mekaar verband hou. Dit gaan oor die
roeping en impak van die kerk op ons samelewing. Dit laat jou met 'n klomp vrae,
maar ook eerlike nadenke oor die kerk in ons moderne samelewing. Lees dit op ons
blog en lewer kommentaar by http://www.ngk-
Hoekom verlaat jongmense die kerk? Dr Stephan Joubert lewer kommentaar oor:
You Lost Me: Why Young Christians Are Leaving the Church ... and Rethinking Faith.
In hierdie nuwe boek kyk hy met name wat gebeur kerklik met jong volwassenes tussen
die ouderdom van 18-
Verhale van hoop
Die volgende merkwaardige berig het onlangs in die PE-
Driving instructor ploughs back (and pays it forward) into community -
IN trying to break the cycle of poverty by giving motivated and talented young people a step up in life, a local driving school instructor is giving young people free learners’ and driving lessons, to equip them with a skill which is often a requirement in most workplaces and which many people cannot afford to obtain. And all Ferdy Jacobs, owner of Ice Breeze Driving School, asks from these young people in return, is that they will one day help someone else in need, in any way they can, “even if it is just cutting an old person’s lawn”.
Lees volledige berig op ons webwerf by http://www.ngk-
Behalwe om kommentaar op bestaande inskrywings te lewer, kan jy ook bydraes vir so
'n blog stuur aan ds.noel@ngk-
Ons wil baie graag nuus uit ons gemeentes in die Wesvonk publiseer, maar veral ook
verhale van hoop op ons webwerf plaas (kyk by http://www.ngk-
Dagboek
19-
25-
17-
Dagseminaar 8 Maart: Watter Bybel is die normatiewe “Woord van God”?
Scriptorium -
Datum: Donderdag 8 Maart 2012. Tyd: 09:00 -
Plek: Linquenda Landgoed (http://www.linquendalandgoed.co.za). VBO punte word toegeken.
Vakante poste
NG Gemeente Ladismith (Wes-
NG Gemeente Hartebeestfontein -
NG Kerk Burgersfort -
NG Gemeente Randburg-
NG Gemeente Loeriesfontein -
NG Gemeente Kimberley-
NG Gemeente Aranos (Namibië) -
NG Gemeente Odendaalsrus-
Vakatures op die Kerkbode se webwerf
Meer besonderhede oor bg. vakatures is beskikbaar op die Kerkbode se webwerf.
Daar is heelwat vakante poste dwarsoor die land op hierdie stadium, wat wissel van
predikants-
Gemeente nuus
1962 – 2012 : Muldersdrif Halfeeu Feesviering
Muldersdrif Gemeente is op 15 Desember 50 jaar oud. Hulle is tans besig met beplanning vir die feesvieringe wat gedurende die laaste naweek van Januarie 2013 sal plaasvind.
Intussen nooi hulle almal wat op een of ander manier ‘n band met die gemeente gehad het om van hulle te laat hoor. Hulle is besig om ‘n bondige geskiedenis bundel saam te stel en almal se insette sal waardeer word. Dis nou die soort insette wat mens nie uit notules wys word nie. Foto’s sal ook baie welkom wees.
Kontak asb vir Maryna of Rensia 8:00 – 13:00 op 079 697 1163 weeksoggende of Maryna op 082 568 9386 enige ander tyd.
Stuur vir ons julle nuus!
Ons wil baie graag nuus van ons gemeentes in die Wesvonk plaas – ons is immers familie
wat graag op hoogte van sake van mekaar wil bly. Laat weet ons as julle iets aanbied
wat vir die omringende gemeentes iets kan beteken, of as julle 'n nuwe predikant
kry (Wesvonk is dikwels die laaste om dit te verneem!), of as julle 'n gemeente-
Gratis elektroniese verspreiding van kerknuus
Gaan kyk ook ’n slag weer na www.kerkenuus.co.za -
Ons sinode nuus
2012 Wes-
TEMA: 'n Predikant wie se kop reg aangeskroef is
Ons WTvl Predikante Konferensie was nog elke keer gefokus om praktiese, persoonlike
waarde aan elke leraar en ander deelnemer toe te voeg. Dit was nie teoreties nie,
maar persoonlik, prakties.Hierdie jaar word dit weer so beplan, soos die volledige
brosjure verduidelik (laai dit af op ons webwerf by www.ngk-
Nou het ons nog iets nuttigs bygevoeg!
Die nood vir goeie finansiele bestuur en beplanning is tans groot vir almal. Ons was bevoorreg om ‘n topkenner op finansiele bestuur en beleggings te kon kry. Hein Kruger van Kruger Internasionaal is ‘n bekende kenner, skrywer en spreker (op radio en elders). Hy is ook NG lidmaat en ernstig om Christelike beginsels in die finansiële wêreld toe te pas. Hy praat oor hoe mens met die beperkte finansies tot jou beskikking die maksimum kan bereik, nou en vir aftrede. As oudjoernalis kan hy goed kommunikeer en is sy boeke prakties en verstaanbaar.
Ons wil in ‘n kort sessie ‘n opname maak van leraars se persoonlike behoeftes, veral gefokus op ouderdomsgroepe, asook jare in bediening in dieselfde gemeente. Jy moet daar wees om gehoor te word.
Die aansoek is tans ingehandig dat elke leraar 15 VBO-
Die inhoud sal nie jou tyd mors nie. Beplan dus om die volle tyd van Ma.19 Mrt 9:00 tot Di.20 Mrt 16:00 by te woon. Die Maandagaand is ‘n gesellige kuier: ons dominees is soms te besig om te kuier, en besef nie hoedat dit jou batterye herlaai (en jou massas idees vir jou gemeente gee) nie. Moenie te hard werk om jouself ‘n kuier te gun nie!
Daar is fondse beskikbaar om bywoning te subsidieer, spesifiek waar gemeentes nie
hul leraar of personeel se bywoning kan dra nie. Doen dus met motivering aansoek
vir 50-
Onthou om behoeftes vir verblyf (bv. vir egpare) dadelik direk met Petro de Beer te reel.
Sien jul almal daar!
SKG (Sinodale Kommissie vir Gemeentebediening)
Volledige besonderhede, padkaart, sowel as inskrywingsvorm kan op ons webwerf afgelaai
word by: http://www.ngk-
Algemene sinode nuus
Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling vorder
Die vertaling van die nuwe Bybel in Afrikaans vorder goed. Proefvertalings van Filippense,
Kolossense, 1 en 2 Timoteus, Jakobus en nog meer is by www.nuwekerkbybel.co.za. Kommentaar
word verwelkom! Meer nuus oor die werksaamhede van die Bybelgenootskap van Suid-
Gespreksforum oor menswaardigheid
Dr Gerhard Bothma (Bestuurder van die Gespreksforum)
laat weet:
As bestuurder van die Gespreksforum: Menswaardigheid, neem ek graag die vrymoedigheid om jou aan ons kerk se bediening in hierdie verband te herinner en uit te nooi om daaraan deel te neem. Ter wille daarvan dat jy dit sommer ook kan kopieër en vir ander kan aanstuur, word die eerste inskrywings wat op ons webblad gemaak is net so hierby ingesluit (klik hier). Hartlik dank aan Ben du Toit, Elize Morkel en Jan Botha wat by die formulering hiervan betrokke was. Gaan na www.ngkerk.org.za en klik dan op “Gespreksforum”. Daarna is die wêreld vir jou oop. Kontak my gerus met enige navrae of kommentaar by gerliese@mweb.co.za of by 082 412 3479. (Met dank aan Vrypos)
Jaarboek 2012
Hierdie uitgawe is nou beskikbaar. Gemeentes kan direkte bestellings plaas by 086
026 3342 of ‘n e-
Ander nuus
Leraars sonder Bybels -
Ds Martin Goosen van die NG Gemeente Piketberg (Wes-
Invitation: Patrick Johnstone
Patrick Johnstone, well-
(Met dank aan Grenspos)
Ervaringsleerkursus in abseiling en lae toubane
Wil jy opgelei word as abseil-
Vir die inskrywingsvorm kilk op http://bronzebaobab.com/registration-
(Met dank aan Verskil eNuusbrief)
Interessante artikels
Sinvolheid van Evangelisasie-
Dr. Lourens Schoeman was pas terug van ’n weeklange Evangelisasie-
“Daar waar landelike vroue en kinders misbruik en vermink aanhink hemel-
Is daar ’n antwoord op die vraag oor die sinvolheid van Evangelisasie-
Verlore kuns: Om iewers "plek" te maak
Die verband tussen ruimte (of plek) en geloof het reeds vir ons Patrick Keifert se uitstekende en lesenswaardige "Welcoming the Stranger" opgelewer. Craig Bartholomew is ook besig met 'n studie oor "plek":
"To exist at all, we must be somewhere. And as embodied creatures, we are implaced
in specific contexts. Yet in contemporary culture, this aspect of human existence
is threatened by what Bartholomew calls a "crisis of place" created by several elements
of our technological society. To fully flourish as human beings—and to flourish as
entire communities—Bartholomew argues, we need to recover the lost art of placemaking."
Lees verder op ons webwerf by http://www.ngk-
NGK-
Rapport 2012-
Die NG Kerk se lidmate het in een jaar met meer as 20 000 gedaal.Volgens die NG Kerk
se 2012 Jaarboek, waarin dié kerkverband se statistieke vervat word, staan die lidmaatskap
nou op 1 054 047. Dit is ’n volle 20 718 lidmate minder as ’n jaar vantevore, oftewel
genoeg mense om 40 gemeentes van 500 lidmate elk te vul. “Die NG Kerk werk goed op
die platteland en in die voorstede, maar ons kry dit nog nie reg om in ’n stedelike
konteks, wat hiperdivers en postmodernisties is, suksesvol kerk te wees nie,“ sê
prof. Nelus Niemandt, NG moderator. Die teoloog dr. Stefan Joubert, meen ook alternatiewe
vorme van kerkwees is al hoop. “Ons probleem is egter dat die kerk net opgelei is
om op die tradisionele manier kerk te wees. Ons moet ander maniere van kerkwees vind."
Lees volledige berig by http://www.rapport.co.za/Suid-
Instrument vir diensbaarheid
Wat is die redes vir die aandrang vanuit die NG Kerk om die Belydenis van Belhar
deel te maak van die kerk se belydenisgrondslag? In 9 Februarie se Beeld het 'n in-
Kerkbode en LIG
In die nuutste Kerkbode:
Kerk en Noordwes-
Heyneke Meyer – Bok-
Studentegemeentes vuur en vlam vir evangelie en God
Fanie du Toit: ‘Om te hoop is om te droom’
Kerk en ouers moet skoolplig nakom
Kemptonpark bevestig dowe predikant
Tien vrae aan Flip Loots
Kyk na 'n kort videogreep oor die nuutste Kerkbode hier:
http://www.youtube.com/watch?v=uukIartxVGA&feature=youtu.be
Volg Kerkbode op Facebook: http://www.facebook.com/kerkbode
In die nuutste LIG:
Nicholis en Elizma – rustig by God. Nicholis Louw en Elizma Theron het baie meer gemeen as wat ’n mens ooit vermoed het: geloof, ’n besondere sin vir humor, liefde vir gospelmusiek – om maar ’n paar te noem. LIG het dié twee musiekvriende vir ’n bederfoggend genooi.
Lees ook
Lewensafrigting – ’n Móét of mode?
Mastektomie – alles wat jy moet weet
Hoort die pienkvoete in jou bed?
Laai jou batterye by God
http://www.lig.co.za/lig_nuut/
Ander Nuusbriewe
SOA HUB Nuusbrief
Hier is ’n dringende gebedsversoek. Ek plaas die versoek net soos ek dit ontvang
het (sonder om in Afrikaans te vertaal of te verkort). U sal verstaan hoekom. Ons
maak staat op u gebede. Die versoek kom van Glynis Willows. Sy en haar man, Owen,
is sendelinge in Suid-
Humor
Exercise for people over 50
Begin by standing on a comfortable surface, where you have plenty of room at each side.
With a 5kg potato bag in each hand, extend your arms straight out from your sides and hold them there as long as you can. Try to reach a full minute, and then relax.
Each day you'll find that you can hold this position for just a bit longer. After a couple of weeks, move up to 10kg potato bags.
Then try 50kg potato bags and then eventually try to get to where you can lift a 100kg potato bag in each hand and hold your arms straight for more than a full minute. (I'm at this level.)
Once you feel confident at that level, put a potato in each bag.
(Met dank aan Grenspos)
Wesvonk-
Kursusse
Vakatures
Ander nuusbriewe
Foto-
Kerkbode en Lig
Stuur asb julle gemeente-
Meer besonderhede oor vakatures op die Kerkbode se webtuiste
Klik hier om NG Welsyn se Nuusflitse Desember 2011 te lees
Klik hier om die nuusbrief van SOA sendingwerk te lees
In die nuutste Kerkbode:
Kerk en Noordwes-
Heyneke Meyer – Bok-
Kemptonpark bevestig dowe predikant
Kyk na 'n kort videogreep oor die nuutste Kerkbode hier:
http://www.youtube.com/watch?v=u ukIartxVGA&feature=youtu.be
Volg Kerkbode op Facebook: http://www.facebook.com/kerkbode
Ander nuusbrokkies
Leraars sonder Bybels -
| Kommissies |
| Blog L&A |
| Blog Jeug |
| Blog Vroue |
| Blog welsyn |