Kontak webmeester           © 2012 NGK Sinode Wes-Transvaal            Datum opgedateer: 21 Februarie 2012          

TUISBLAD. WIE IS ONS. SINODALE WERK. GEMEENTES. AMPTELIK. NUUS. HELPMEKAAR.

Welkom by die Sinode van Wes-Transvaal


VISIE: God se gemeentes in Wes-Transvaal gee om vir mekaar en die wêreld.


Toe die Voortrekkers by die Vaalrivier gekom het, was daar ‘n kennisgewingbord: “Die wat glo in ‘n mooier môre, trek oor!” Pas daarna het die wat oorgetrek het, in 1842 ‘n gemeente van die NG Kerk in Potchefstroom gestig. Hieruit het die familie van die Wes-Transvaalse Sinode gegroei – ‘n hegte familie wat vir mekaar en die wêreld om hulle omgee. ‘n Familie wat oor die jare telkens nuwe, eietydse gestaltes aangeneem het. ‘n Familie waaraan hierdie 21ste eeuse webwerf u wil voorstel.


Die sinode van Wes-Transvaal strek van Nietverdiend en Zeerust in die Noordweste tot by Christiana in die Suidweste, van Roodepoort in die Noordooste tot Vanderbijlpark in die Suidooste. Ter wille van beter bediening is die sinode in vier streke ingedeel, naamlik PotchKosh, Platteland, Vaaldriehoek en die Wesrand. Daar is altesaam 16 ringe in die sinode met 136 gemeentes in totaal, met interessante name soos onder andere Coram Deo, Eerste Vesting, Kerk tussen die Mielielande, PUK-Kandelaar en Veranderde Lewens. Saam vorm ons een groot familie wat iets van God se hart wil weergee in ons omgee vir mekaar en die wêreld. 

Gespreksforum oor alles en nogwat


Knoop hierdie datums

Jongste nuus

19-20 Maart 2012 Predikantekonferensie vir Wes-Transvaal Sinode - klik hier en laai volledige besonderhede af

17-19 Oktober 2012

Wes-Transvaal Sinodesitting




Lees die jongste WESVONK hier


Gesels saam met ons oor alles wat saak maak deur jou kommentaar onderaan te voeg. Of as jy self iets vir die geselsforum wil stuur om gesprek te stimuleer, stuur dit dan aan ds.noel@ngk-wtvl.org.za - maar nie langer as 450 woorde nie. Die menings en opinies wat hier gelewer word, is nie noodwendig die standpunt van die NG Kerk of die sinode van Wes-Transvaal nie, maar die persoonlike standpunte en opinies van die skrywers en diegene wat kommentaar lewer.


Lees in die nuutste LIG

Het die Alg Sinode se besluit oor die doop die deur oopgemaak vir herdoop? Klik hier en neem deel.


Waarom verlaat die jeug die kerk? En is daar ‘n oplossing daarvoor?

Klik hier en neem deel.


Maatskaplike toelaes in Suid-Afrika gaan in ’n ramp ontaard - hoe gaan dit ons NG Welsyn raak? Klik hier en neem deel.


Unplanned Parenthood: The Blessing of an Inconvenient Pregnancy. For many women, pregnancy reveals just how far we’ve bowed to the god of control. Klik hier om verder te lees

Gesels saam op ons blogs


Om te besigtig klik hier >

Kerkkalender 2012


Wat is nuut?

http://www.lig.co.za/lig_nuut/