Registrasie by Bevoegdheidsraad

1. BESLUIT VAN DIE ALGEMENE SINODE TOV ‘N ALGEMENE BEVOEGDHEIDSRAAD (ABR)

Die Algemene Sinode

1 besluit om ‘n Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) daar stel om alle sake rakende bedieningsbevoegdheid namens die Algemene Sinode te hanteer;

2 versoek die Bestuurspan van die ASM om so gou moontlik kantoorfasiliteite tot beskikking van die ABR te stel;

3 keur die Reglement vir die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) goed (Punt 2.8.4 hierbo);

4 gee opdrag aan die ATR om te kontroleer watter wysigings aan die reglemente deur die instelling van die ABR nodig sal wees en die voorgestelde wysigings aan die Moderamen vir goedkeuring voor te lê;


5 Die Algemene Sinode besluit verder

5.1 dat alle proponente, bedienaars van die Woord in diens van gemeentes en die kerkverband, ander persone met die bevoegdheid van bedienaar van die Woord en emeriti by die ABR registreer en dat ’n jaarlikse registrasiefooi betaalbaar word.

5.2 om werkgewers te versoek om minstens 50% van die registrasiefooi vir ‘n bedienaar van die Woord/proponent/emeritus in diens van ‘n gemeente/kerkverband te betaal;

5.3 dat die jaarlikse registrasiefooi deur die Bestuurspan van die Moderamen op aanbeveling van die ABR en die ATF vasgestel word;

5.4 om op aanbeveling van die Tydelike ATR die eerste lede van die ABR aan stel.

6 Die Algemene Sinode gee opdrag aan die Moderamen om, nadat advies van die ABR en die ATF ontvang is, die koördineerder/uitvoerende amptenaar aan te stel.


2. LEDE, KANTOOR EN UITVOERENDE AMPTENAAR

2.1 Die lede van die ABR is ds Marius Cornelissen (voorsitter)(bestuurskundige), dr Elsje Büchner (ondervoorsitter)(kerkregkundige), dr Dewyk Ungerer (skriba)(diensverhoudinge), drr Johann Ernst (kerkregkundige), Flip du Toit (Algemene Kuratorium), mnr Len Dekker (regskundige/ arbeidsregkundige) en adv Fanie Visser (regskundige).

2.2 Die ABR funksioneer vanuit die Kantoor van die Algemene Sinode. Kontakbesonderhede sal in 2012 beskikbaar gestel word: die huidige kontakbesonderhede tov bevoegdheid kan steeds gebruik word.

2.3 Dr Dewyk Ungerer word aanbeveel om as die uitvoerende amptenaar op te tree. Onderhandelinge met sy gemeente en hom is aan die gang.


3. JAARLIKSE REGISTRASIEFOOI

3.1 Die registrasiefooi vir 2012-2013 is soos volg bepaal:

3.2 Die registrasiefooi is vooruit betaalbaar