NG Kerk Arconpark (Vereeniging)

Arconpark-gemeente bedien 2000 belydende lidmate en 609 dooplidmate en is geleë in Vereeniging in die Vaaldriehoek. Lidmate wat bedien word kom uit veral die Arconpark, Waldrif, Steelpark, Homer, Duncanville 

woongebiede, maar ander lidmate kom van wyd uit die Vaaldriehoek streek. Die kerk-kompleks is geleë in Lawnlaan, Arconpark.

Ons visie is: “Arconpark gemeente is ‘n liefdevolle, meelewende gemeente wat dinamies en vernuwend in afhanklikheid van God die toekoms betree”.

En ons doen dit deur:

 geleenthede/byeenkomste, waar mense ontmoetings kan hê, versterk en saamgebind kan word;

 lidmate toe te rus en bemagtig om hulle Christenskap in die wêreld uit te leef;

 leiers uit ons gemeente te kweek om ons Visie ten uitvoer te bring;

 lidmate se geestelike en emosionele behoeftes vas te stel en aan te spreek;

 ‘n helpende hand in nood en behoefte uit te reik.

As ‘n dinamies vernuwende gemeente is ons bediening ook gefokus op mense waar die kuberruimte ‘n groot rol speel maar  ons dra ook gemeentelede se belange op die hart waar die tradisionele bedieningstyl steeds ‘n belangrike rol speel.

Eredienste vind plaas om 08h00 en 10h00 en het ‘n warm atmosfeer met praktiese, verstaanbare preke. Ons benut multimedia en maak ruimte vir klassieke en kontemporêre musiek. Die “lof sonder grense” musiekgroep staan onder leiding van Mariaan Coetzer, ons musiek ko-ordineerder.

Kinder/kleuterkerk word aangebied in die 08h00 erediens tydgleuf.

Kategeseskool vir Gr1 tot Gr6 word om 09h00 aangebied en senior kategese om 17h30.

Aanddienste vind plaas om 18h30 en is meerendeels op die jeug gefokus. Die jeug “band” onder leiding van Eric Esterhuizen tree tydens jeugdienste op.

Meer inligting op ons webwerf: www.ngarcon.co.za