Kontak webmeester © 2012 NGK Sinode Wes-
Pitkos
Have fun: When you are truly having fun in your work, creativity flows freely
-
............................................................................................
Kry dit hier… alles oor:
ALLES OOR SINODE (BELHAR)
Hier kan jy sien wat alles op die sinodesitting bespreek en besluit is.
Om naamlys te sien:
Voeg jou naam by -
Vir kerkjaarkalender:
Vir skoolkalender:
Ons lewe na Pinkster
Nou ja, daar het Pinkster vir 2013 ook weer gekom en gegaan.
Ek hoop die IMPAK van Pinksteryd in julle gemeente was ook groot en dat julle die positiewe gevolge van die wonderlike tyd nou vorentoe sal belewe.
Lees verder
KERKKALENDER 2013
AFLOS-
KOMMUNIKASIE
TAAKSPAN
Hierdie deel is nog onder konstruksie. Dit is die ruimte waar die taakspanne van die sinode, wanneer hul met hul werksaamhede begin, hul vordering kan rapporteer en almal op hoogte van sake kan hou. Hou dus hierdie spasie dop!
Wat is alles nuut?
Knoop hierdie datums
Algemene Sinode 2013
6 -
Lentekonferensie 2013
17-
Welkom by die Sinode van Wes-
VISIE: God se gemeentes in Wes-
Toe die Voortrekkers by die Vaalrivier gekom het, was daar ‘n kennisgewingbord: “Die
wat glo in ‘n mooier môre, trek oor!” Pas daarna het die wat oorgetrek het, in 1842
‘n gemeente van die NG Kerk in Potchefstroom gestig. Hieruit het die familie van
die Wes-
Die sinode van Wes-
Ons lewe na Pinkster
Nou ja, daar het Pinkster vir 2013 ook weer gekom en gegaan.
Ek hoop die IMPAK van Pinksteryd in julle gemeente was ook groot en dat julle die positiewe gevolge van die wonderlike tyd nou vorentoe sal belewe.
Wat het julle in die Pinkster geleer en belewe. Ek dink die gevaar is so groot vir ons predikante wat elke dag met die Bybel besig is en veral in Pinkstertyd so baie preke moes maak, dat ons met die Here kan besig raak asof Hy sommer net nog iemand is wat ons bestudeer en uitsprake oor maak. Ek hoop dat jy iewers net weer met ootmoed onder die indruk gekom het van die ontsaglike voorreg om in Sy diens te staan en Sy heerlike Naam te mag verkondig.
Ek wil graag vir jou ‘n aanhaling gee uit ‘n mooi klein boekie van Eric Schmitt; “Oskar en die Pienk Tannie” Oskar is ‘n verhaal oor ‘n seuntjie wat kanker gekry het en enkele dae oor het om te lewe. In die paar dae (amper soos Pinkster) ontmoet hy die Here deur ‘n vriendelike verpleegster tannie. Sy leer hom om elke dag te lewe asof dit 10 jaar in sy lewe is. Aan die einde skryf Oskar een oggend weer ‘n briefie aan die Here en dit klink so:
Liewe God
Dankie dat jy gekom het. Jy het presies die regte oomblik gekies, want dit het nie goed gegaan met my nie. Miskien het gister se brief jou seergemaak?
Toe ek wakker word, het ek daaraan gedink dat ek negentig is. Ek het my kop na die venster toe gedraai om na die sneeu te kyk. En net daar het ek aangevoel jy is op pad. Dit was oggend. Ek was alleen op die aarde. Dit was so vroeg, die voëltjies was nog nie wakker nie; selfs die nagsuster, Tannie van der Merwe, was seker besig om 'n slapie te vang.
Maar jy het probeer om die son te laat opkom. Jy het gesukkel, maar jy het nie opgegee nie. Die lug het bleek geword. Jy het die ruimte vol wit, grys en blou geblaas. Jy het die nag weggestoot, jy het die wêreld weer lewendig gemaak. Jy het aangehou.
Toe verstaan ek die verskil tussen jou en ons: Jy is die ou wat nie einde het nie, die een wat nooit moeg word nie. Jy is altyd aan die werk. Nou is dit dag! En nou.is dit nag! En nou is dit lente! En nou is dit winter! Jissie, jy het baie krag.
Toe besef ek jy is hier. En dat jy jou geheim met my deel: Kyk elke dag na die wêreld asof jy dit vir die eerste keer sien.
Toe volg ek jou raad; ek het rêrig hard probeer. Vir die eerste keer het ek na die lig gekyk, die kleure, die bome, die voëls, die diere. Ek het gevoel hoe die lug in my neusgate my laat asemhaal. Ek het gehoor hoe die stemme al harder word, soos in ‘n gewelfde katedraal. Ek was lewendig. Ek het skoon gebewe, so bly was ek. Ek was bly om te lewe. Dit was wonderklik.
Passievolle groete in Christus
Johan Brink
NOG ONDER KONSTRUKSIE
Terence Cooke Potchefstroom 018 293 2890, 082 775 9570
Jurie Wessels Potchefstroom 018 2905235, 0832623774
Jakkie Swanepoel Hartebeestfontein 0712109538, 0184310876
Reinier Nel Klerksdorp 0835017302
Frik van Rensburg Stilfontein, CEF kinderbediening 082 804 1903
Noël Schreuder Roodepoort 011 768 3179, 082 899 8400
Prop Annalie Steenkamp Melodie, Hartebeespoort 082 712 6577
Ds Theo Kriek Parys 076 6515 308
Dr. Willem Saunderson Roodepoort 083 657 9828
Prop. Frikkie Heymans fredheymans54@gmail.com, 083 748 2440.
Prop Willem Pelser Pretoria 083 276 5141
Prop Louis Ries Vaaldriehoek 0726194536, rieslouis@gmail.com
Prop Santie Bothe-
Buitengewone Sinode van Wes-
Registrasie begin vanaf 07:30. Konstituering om 09:00.
Na die opening word daar in die eerste deel van die vergadering oor die INHOUD VAN BELHAR praat.
In die tweede deel van die vergadering word daar oor die STATUS VAN BELHAR gepraat.
Daar gaan ook ‘n beperkte tyd gewy word aan Kerkvereniging.
Afronding van die vergadering
_______________________________________________________________________________________________________________
Terugvoer van die tafelgesprekke
As gelowiges glo ons dat God ons verander deur God se Woord en Gees. Om hiervan deel te wees, vra geloofsonderskeiding. Daar is 5 geloofsonderskeidende vrae wat ons hiermee help. Daar is aan tafel oor hierdie vyf vrae gepraat as deel van die gesprek oor die inhoud van Belhar:
Die terugvoer hieroor is deur Johan Zaaiman saamgestel nav die gesprekke:
1. Wie is God?
2. Wie is ons in Christus?
3. Vir wie maak God ons ’n naaste?
4. Hoe gebruik God ons in hierdie wereld?
5. Wat vra God nou van ons?
Terugvoer oor die ander vrae wat bespreek is:
1. Hoe help Belhar ons in hierdie wêreld?
2. Kan Belhar as belydenis help?
3. Hoe help Belhar ons in wêreld?
4. Vrese oor Belhar
5. Status van Belhar
Praktiese implikasies:
_______________________________________________________________________________________________________________
BESLUITE WAT GOEDGEKEUR IS:
Beskrywingspunt vanaf die Regskommissie as beskrywingspunt aan die Algemene Sinode in sitting in Oktober 2013
1 In erkentlikheid voor die Here en met die belange van almal wat ‘n hartgrondige
belang by die Belydenis van Belhar en kerkeenheid het, lê die Sinode van Wes-
Die Algemene Sinode besluit om sy besluit ivm Belhar naamlik:
“Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”
in revisie te neem om die volgende redes:
1.1 Die mandaat aan die Algemene Sinode in art 44.1 en 44.2 rondom belydeniswysiging is na ons nederige mening nie nagekom en in werking gestel by die neem van hierdie besluit nie. Dit blyk daarin dat twee derdes van elke sinode en twee derdes van elke kerkraad nie ten gunste van belydeniswysiging besluit het alvorens die Algemene Sinode bostaande besluit geneem het nie.
1.2 Na ons mening is die proses wat artikel 44 voorsien, in wese omgekeer, alhoewel die besluit met ‘n oorweldigende meerderheid geneem is.
1.3 Die kerkordelike proses van ‘n belydenisskrif, word na ons mening, onnodig in die gevaar gestel indien die prosedure voorgeskryf in art 44.1 en 44.2 nie nagekom word deur die Algemene Sinode nie.
1.4 Nie-
1.5 Die proses vir die aanvaarding van ‘n belydenisskrif is so kosbaar vir Wes-
2 Die Algemene Sinode neem die besluit in Reglement 21, paragraaf 6, vervat, in revisie om die volgende redes:
2.1 Paragraaf 6 van reglement 21 poog, met alle respek, om artikel 44 enersyds te omseil, en andersyds, om die prosedure vervat in artikel 44 te wysig deur ‘n stemming deur lidmate in te bring terwyl art 44 slegs ‘n stemming deur kerkrade en sinodes in die oog het.
2.2 Die voetnoot by artikel 44 wat verwys na paragraaf 6 van reglement 21, vertoon ‘n teenstrydigheid met die inhoud van art 44.1 deur kerkrade en lidmate op dieselfde vlak te plaas.
“44.1 Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n tweederdemeerderheid en twee derdes van alle Kerkrade²º elk met ’n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het.
²ºVir die wyse waarop die besluit van kerkrade oor die verandering van die belydenisgrondslag van die NG Kerk hanteer word ten einde die instemming en approbasie van ten minste twee derdes van belydende lidmate van gemeentes met die besluit te verkry, vergelyk die Reglement vir die Vermeerdering, Kombinering, Eenwording en Samesmelting van Gemeentes, en die Vorming van ‘n Nuwe Kerkverband, punt 6.”
2.3 Die doel van verskanste artikels is, na ons mening, juis dat hulle nie op enige ander wyse as op die wyse in die verskanste artikel voorgeskryf gewysig mag word nie.
2.4 Die uitspraak van die Appèlhof in die saak van Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en ’n Ander teen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika 1999 (2) SA 156 HHA en verdere bladsye is toepaslik, naamlik dat die kerkorde nie deur ‘n sinode gewysig mag word sonder om aan die verskansings in die Kerkorde aandag te gee nie.
2.5 Na ons nederige mening is reglement 21, paragraaf 6, nietig in die lig van die
nie-
2.6 Ons versoek dus dat paragraaf 6 van reglement 21 sal verval.
Beskrywingspunt: ’n eie model vir ’n verenigde kerkverband
Die sinode van Wes-
1. Die voorgestelde organiese eenheidsmodel moet herbesoek om ruimte te maak vir ’n model wat meer as net organiese kerkeenheid in vooruitsig stel.
2. Die Sinode van Wes-
2.1 Streeksinodes, ringe en gemeentes hulle verantwoordelikheid ten opsigte van besluitneming en bedieningstrukture in ’n nuwe kerkverband mag behou.
2.2 Die Algemene Sinode na kerkvereniging ’n sinode van sinodes sal bly.
2.3 Sinodes in so ’n nuwe kerkverband die keuse het om as ’n sinode te bly voortbestaan.
2.4 As deel van die vrywillige proses van kerkvereniging, gemeentes wat gereed is, vry is om deel te word van die nuwe organiese eenheidsinodes en eenheidsringe.
Voorstel 1
Die Sinode erken die waarde van die belydenis van Belhar:
1. om in ons land onreg profeties te beveg,
2. asook die kosbaarheid van die Belydenis van Belhar vir die kerk wat dit opgestel het en tans as belydenisskrif het.
Voorsteller: Henk Gous
Sekondant: Johan Zaaiman
Volg die verloop van die sinode is op Facebook by http://www.facebook.com/pages/NG-
_______________________________________________________________________________________________________________
UITLEG EN TOEPASSING VAN DIE BESLUIT VAN DIE ALGEMENE SINODE 2011 OM DIE BELYDENIS VAN BELHAR DEEL TE MAAK VAN DIE NG KERK SE BELYDENISGRONDSLAG
Die Algemene Taakspan Regte het op 22 tot 24 April 2013 vergader en in terme van Bepaling 3.1.1 van die Reglement vir die Algemene Taakspan Regte die volgende uitleg en toepassing gegee van die besluit van die Algemene Sinode 2011 om die Belydenis van Belhar deel te maak van die NG Kerk se belydenisgrondslag:
1. Die presiese bewoording van die Algemene Sinode 2011 se besluit is: “Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se Belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”
2. Die uitleg en toepassing van dié besluit berus op die volgende:
2.1 Die besluit is voorafgegaan deur ’n ander besluit oor die Belydenis van Belhar, geneem in verband met die voortgesette proses van kerkhereniging. Die Algemene Sinode het die volgende as beleidstandpunt aanvaar:
“5 Die Belydenis van Belhar (en Laudiumdeklarasie)
5.1 Ons is na ons konsultasieprosesse deeglik bewus daarvan dat
(a) ’n Groot deel van die gemeentes en lidmate van die NG Kerk weens ’n verskeidenheid
faktore nie die Belydenis van Belhar as vierde belydenis-
(b) hierdie verskille kan oorbrug word deur ’n deeglike studie te maak van Belhar self.
5.2 Soos ooreengekom met die Taakspan van die WBGK (nou die WGGK) is ons verbind om dmv ’n gesamentlike taakspan met die VGKSA weer deeglik te besin oor hoe ons saam in beide kerke met mekaar oor hierdie Belydenis kan praat.
5.3 Ons is steeds oortuig dat die wesenlike inhoud van die Belydenis van Belhar
(ons verbintenis aan die Bybelse getuienis oor God Drie-
5.4 Omdat die Belharbelydenis ’n belydenisskrif van een van die Familiekerke is, stel ons voor dat dit as een van die belydenisskrifte in die herstelde kerkverband opgeneem word. Dit impliseer nie dat alle gemeentes, predikante, kerkraadslede en lidmate van die nuwe verband dit vanselfsprekend as belydenisskrif hoef te aanvaar nie.
5.5 Die volgende formulering van die belydenisgrondslag (met inagneming van pt 5.4) vir ’n herenigde kerk word aanvaar as basis vir onderhandeling met die familie van NG Kerke:
1. Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, geskied in gemeenskap met die belydenis van ons voorgeslagte soos dit verwoord is in
1.1 die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius waardeur die Kerk haar verbondenheid met die algemene christelike Kerk uitdruk, en
1.2 die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls waardeur die Kerk haar verbondenheid met die gereformeerde tradisie uitdruk.
2. In verbondenheid met ons eie konteks erken ons die Belydenis van Belhar.
3. Die Kerk erken die betekenis van die Laudiumdeklarasie vir ons missionêre karakter.
4. Die Kerk aanvaar dat die taak van die kerk in belydenisvorming nie afgehandel
is nie. In die toekoms mag veranderde omstandighede en ’n beter verstaan van die
Woord van God lei tot die aanvaarding van verdere belydenisskrifte of die wysiging
van bestaande belydenis-
2.2 Die voorafgaande besluit oor die Belydenis van Belhar, alhoewel in die konteks van kerkhereniging geneem, het ’n definitiewe impak gehad op die besluit wat oor die Belydenis van Belhar, ongeag kerkhereniging, geneem is.
2.3 Die Algemene Sinode het binne die bevoegdheid verleen in terme van Artikel 43.1 en 43.6 gehandel deur die besluit te neem om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk te maak.
2.4 Die besluit van die Algemene Sinode om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak, kan nie anders vertolk word as ’n voorneme om die Belydenis van Belhar deel van die belydenisgrondslag te maak nie.
2.5 Die besluit kan nie vertolk word losstaande van die besluit om, as deel van die proses, ’n deeglike studie te doen van die historiese, teologiese en kontekstuele relevansie van die Belhar Belydenis, ten einde die volgende algemene Sinodesitting en alle kerkvergaderings te adviseer nie.
2.6 Die Algemene Sinode is nie in 2011 gevra om in terme van Artikel 44 van die Kerkorde
met ’n tweederdemeerderheid goed te keur dat die Belydenis van Belhar as ’n belydenisskrif
aanvaar word nie. Artikel 44.1 vereis ’n tweederdemeerderheid van elke sinode én
’n tweederde-
2.7 Die Algemene Sinode het in terme van Artikel 44 ’n voorlopige besluit geneem oor die wysiging van die Belydenis. Hierdie voorlopige besluit moet opgevolg word met ’n formulering vir die voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde, wat nog deur die volgende Algemene Sinode met ’n tweederdemeerderheidstem goedgekeur moet word. Hierdie voorstel moet daarna in terme van Artikel 44.1 vir die vereiste tweederdemeerderheid goedkeuring aan sinodes en kerkrade voorgelê word. Eers nadat hierdie goedkeuring van al die sinodes en tweederdes van die kerkrade met ’n tweederdemeerderheidstem verkry is, kan die voorstel vir die wysiging van Artikel 1 finaal in terme van Artikel 44.3 deur die Algemene Sinode met ’n tweederdemeerderheid goedgekeur word.
2.8 Die besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk te maak, is onderhewig aan die voorafgaande besluit dat dit opgeneem word op so ‘n wyse dat alle gemeentes, predikante, kerkraadslede en lidmate nie vanselfsprekend dit as belydenisskrif hoef te aanvaar nie.
Die ATR het besluit om bogenoemde uitleg en toepassing aan die Algemene Sinode 2013 vir ratifikasie voor te lê.
Met agting
U broer in Christus
JOHANN H ERNST (DR)
Aktuarius: Algemene Sinode
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK